Friday 8 May 2009

Boerejeug Verenigings Raad (BJVR)


OPROEP TOT EENHEID !!!


"Enige Volk, nes enige mens, wat vergeet wie hy is, sal nie weet wie hy is nie, en sal nie kan droom oor wat hy nog kan wees nie." (Ons vir Jou - Blyspel)

Daar is reeds ‘n magdom van jeug organisasies/bewegings/stigtings wat almal in hul eie reg ons jeug op hul eie doelgerigte wyse probeer beskerm en bewaar. Dit het lank reeds tyd geword dat al hierdie organisasies/bewegings/stigtings SAAM die wa deur die drif trek, elkeen op sy unieke wyse.

Ons jeug word vervreem van wat en wie hulle is in die 'nuwe Suid-Afrika', alles omtrent ons voortbestaan word onderdruk. Ons Boerejeug aksie is spesifiek daar om ons jeug ingelig te hou van wie en wat hul is. Ons bevorder ons Geloftevolk se Geloof, Kultuur, Taal, Geskiedenis, Waardes en Beginsels.

Boerejeug nooi u hartlik uit om in gemoedelike atmosfeer u mede volksgenote te kom ontmoet by http://www.onsvirjou.org/BJ/index.php


Boeregroete

Vaalpenspiet


No comments:

Post a Comment